Oor
Ons
Toe my man vir werk na Amerika vertrek het, het ek besef ek wil ook iets opbou wat waarde toevoeg, iets wat uit my eie hande en hart groei. Hier, tussen die uitgestrekte vlaktes, kleurvolle blomme en ikoniese windpompe van Namakwaland, het Rooidag in Namakwaland sy ontstaan gehad.
Wat as 'n klein onderneming met net kasterolie en Keltiese sout begin het, het mettertyd gegroei tot 'n versameling natuurlike produkte wat ons self vertrou en graag gebruik. Vandag bied ons nie net ons gewilde olies en soute aan nie, maar ook produkte van Nattrend, asook unieke items van talentvolle klein tuisverspreiders en vervaardigers uit die Boesmanland en omliggende gebiede.
By Rooidag glo ons in eenvoud, kwaliteit en die ondersteuning van plaaslike mense. Elke produk in ons winkel word met sorg gekies, met die doel om iets besonders na ons kliënte te bring – of dit nou natuurlike welstand, huislike gemak of 'n unieke geskenk is.
Ons is nog lank nie klaar gedroom nie. Nuwe produkte, vars idees en opwindende planne is voortdurend op die horison. Daarom nooi ons jou uit om gereeld by Rooidag in Namakwaland te kom kuier en saam met ons hierdie reis te beleef.
Dankie dat jy deel is van ons storie.
Rooidag in Namakwaland
Waar die skoonheid van Namakwaland, die gees van die Boesmanland en die warmte van tuiste bymekaarkom.