Pasop ek het Kinders – Baby on Board
R75,00
’n Speelse “Pasop, ek het kinders!!”-motorbordjie vir ouers wat die chaos met ’n goeie skoot humor aanpak. Vol karakter, speelgoed en ’n tikkie mamma-waansin!
Description
Pasop, ek het kinders!!
Vir die mamma wat weet dat ’n rit met kinders selde nét ’n rit is! Die “Pasop, ek het kinders!!”-motorbordjie bring ’n lekker skoot humor na die alledaagse chaos van ouerskap.
Met sy prettige ontwerp, besige speelgoed, deurmekaar mamma en speelse detail vertel dié bordjie ’n storie waarmee menige ouer sommer dadelik sal kan vereenselwig. Want tussen speelgoed, koffie, kinders en alles wat saamry, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie!
Die warm, aardse kleure gee die ontwerp ’n moderne gevoel, terwyl die humoristiese illustrasie sorg dat dit beslis raakgesien word.
’n Oulike geskenk vir ’n nuwe mamma, ’n ooievaarstee, Moedersdag of sommer vir daardie vriendin wat altyd sê haar kinders hou haar op haar tone. Want soms is “Baby on Board” eenvoudig nie waarskuwing genoeg nie!
Additional information
| Weight | 20 g |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.



Reviews
There are no reviews yet.